Antiklerikalisme

Kardinale as luistervinke (deur Henri Adolphe Laissement)

Antiklerikalisme is 'n stroming wat die invloed of magsposisie van geestelikes op die gebiede van die openbare lewe, onderwys, en die politiek (wat bekendstaan as klerikalisme) teenstaan. [1] Dit is hoofsaaklik 'n Europese verskynsel wat veral in 19de eeuse Frankryk voorgekom het. Dit is gebaseer op die libertynisme van die 17de en 18de eeu.

Alhoewel die term in beginsel op alle godsdienste van toepassing is, word die term veral gebruik in lande waar die Katolieke Kerk 'n groot invloed het. Soms handel dit bloot oor sekere aspekte van Katolieke priesters se gedrag wat afkeurenswaardig is. Antiklerikalisme streef gewoonlik na die skeiding van kerk en staat en kan gesien word as 'n vorm van (of sinoniem met) sekularisme.

Alhoewel antiklerikalisme nie noodwendig teen godsdienstiges gerig is nie het antiklerikalisme dikwels tot gevolg dat aanhangers daarvan mettertyd van die dominante kerk of godsdiens wegbreek. Antiklerikalisme as verskynsel kom meestal voor in liberale en sosialistiese kringe. In sy meer radikale vorm kan antiklerikalisme met godsdiensvryheid bots en die vorm aanneem van godsdiensvervolging.

  1. Luke W. Galen. The Nonreligious: Understanding Secular People and Societies. Oxford University Press, 2016. p. 20

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search